Tuesday, 5 April 2016

Die interaktiewe witbord

Toe ek hoor ons gaan ietsmoet skryf oor die interaktiewe witbord moes ek eers bietjie gaan navors oor wat die bord so spesiaal maak.

Volgens Wikipedia ( ek weet dis nou nie die betroubaarste bron nie) is 'n interaktiewe witbord (IWB) 'n groot interaktiewe vertoon skerm wat gekoppel is aan 'n rekenaar. Die projektor projekteer dit wat op die rekenaar se skerm is op die witbord waar gebruikers beheer oor die rekenaar met behulp van 'n pen, vinger, stylus, of ander toestel het.

Al die funksies is baie indrukwekkend en ek dink meeste onderwysers van die nuwer generasie sal dit baie geniet om so skerm in sy klas te kan he. Ek persoonlik sal dit baiee geeniet en kon dadelik aan ‘n goeie manier dink om sommige van die funksies te gebruik .

As Lewenswetenskap onderwyser kan die interaktiewe witbord baie handig te pas kom as daar van leerders verwag word om goed onder die mikroskoop te bekyk, kan mens slides op die skerm projekteer en die funksie van die “ shading” gebruik om die organel wat op daardie oomblik bekyk word uit te lig. Mens kan self die funksies om op die skets te skryf gebruik deur byskrifte by spesifieke organelle te plaas . Dit is sommer net vining iets wat ek aan kon dink , as mens gaan sit en mooi kyk na al die funksies is ek seker mens sal nog baie meer sulke goeie gebruike kan kry.

Dit gese, hierdie einste witbord wat soveel “cool” funksies het kan ‘n wit olifant word in die hande van iemand wat nie verstaan hoe dit werk nie , ‘n baie duur witolifant bygese. Dus as onderwyser sal ek net so tipe witbord kan gebruik as die skool waar ek werk die tipe finansies het om sulke goed te bekostig , want soos ek se as ONDERWYSER sal ek dit nie self kan koop nie.


Ten slotte , die interaktiewe witbord is ‘n baie goeie stukkie tegnologie en ek dink dit kan baie bydraes lewer tot beter klas interaksies , maar onderwys is nie slegter af sonder daai tipe tegnologie nie . Veral nie vakke soos Lewenswetenskappe nie omdat daar baie ander maniere is om presies die selfde boodskap oor te dra.

Wednesday, 16 March 2016

Gee jou leerders die stem

As kind het ons gereeld deur ouer mense of onderwysers ons lat voorse oor wat ons mag en nie mag doen nie, omdat ons hulle gesien het as die persone met die meer ervaring het ons meeste van die tyd maar net gedoen wat vir ons gese was sonder om te veel daaroor te dink. Maar as ons kyk na wat Abby Wills se is dit net daar wat die groot fout was, ons stem was geignoreer en van ons weg gevat.

Leerders gaan outomatiesmeer entosiasties wees oor 'n vak as hulle weet dat hulle opinies en insette in ag geneem word en wanneer hulle vir hulle self kon dink en besluite neem en nie net voorgese word wat moet gebeur nie. In Abby se klas , het die leerders eers die klasse begin geniet toe hulle kon deel raak van die klas en die beplanning daar rondom, eers toe hulle stem gehoor word.

Dit word ook makliker gemaak as die onderwyser bereid is om nie die "center of attention" te wees nie , maar dat die leerders daardie rol oorneem. Die onderwyser moet opreg optree teenoor die leerders en hulle as persone in ag neem, op 'n dieper vlak as net die onderwyser daar wees vir die leerders. As leerders die onderwyser vertrou sal die akedemiese aspek van self verbeter. Die atmosfeer in die klaskamer sal ook vinnig verbeter en leerders sal uitsien om na jou klas toe te kom.

As ons vir die leerders hulle eie stemme gee en vir hulle luister is daar 'n baie groot kans dat ons ons eie werk gaan vergemaklik en sal hulle inisiatief gebruik om die leer omgewing so produktief as moontlik te maak vir hulleself.

Tuesday, 8 March 2016

Is aanlyn-onderrig wat ons nodig het?

Beteken dit nou dat ons ontslae moet raak van alle onderwysers ? Is leerders beter af sonder Juf. Rottenmeier wat oor hul skouers loer? Ek persoonlik voel aanlyn-onderrig het baie voordele, maar ons het steeds onderwysers in die klaskamer nodig. Dus vir ons om die beste uitkomste te kry moet ons die balans vind van hoe om gebruik te maak van onderwysers en aanlyn- onderrig.

'n Goeie voorbeeld van wat ons ontslae moet raak is die baksie waarin onderwysers so geneig is om studente in te plaas. Die studente word laat glo dat hulle onafhanklike leer kan toepas, solank dit in die boksie van die Meneer/ Juffrou se ideale pas. Dit kan in baie gevalle frustreerend wees vir leerders en kan hulle maklik belangstelling verloor. Dit is presies hier waar aanlyn-onderrig die oorhand op onderwysers het, omdat die leerder in beheer is van die tempo, van die inhoud en van die vakgebied waaraan aandag gegee moet word.

Wiskunde is 'n vak wat ek weet baie mense gebruik maak van aanlyn-onderrig. Dit laat die leerders toe om weer na probleme te kan gaan en weer te luister hoekom sekere goed gedoen word soos dit gedoen word. Dit kan baie verreikend vir die leerders wees en kan dit opnuut hulle belangstelling prikkel.

Dit gese, daar is leerders wat kan "cope" met daardie tipe leer en dan is daar leerders wat moet geforseer word om op 'n  sekere tyd in die klas te wees anders gaan hulle nooit belangstelling toon nie. Dus moet mens baie seker wees dat jy in staat is om aanlyn-onderrig te doen. Tensy mens dit net as aanvulling gebruik om saam met die skool klasse te gebruik.

Wat vir my baie interresant was van die video "The Independent Project" is hoe die leerders so 'n omgewing vir hulleself geskep het waar hulle by mekaar kan leer en hoe hulle meer belangstelling toon om nuwe goed te leer , omdat hulle nie voorgese word of in 'n boksie gedruk word nie.

Om die eerste vrae te beantwoord, Nee onderwysers sal altyd 'n plek he in die leerproses van kinders en met die gebruik van aanlyn-onderrig bied hulle die leerders die beste van albei . Ja leerders is wel beter af sonder onderwysers wat oor hulle skouers loer. Die gebruik van aanlyn-onderrig in klaskamers bied ook die geleentheid vir leerders wat nie by die skool kan wees nie om steeds goeie onderrig te kry.  So verseker het ons aanlyn-onderrig nodig.

Tuesday, 1 March 2016

Sosiale media in die klaskamer.



Soos ons "geblog" oor die afgelope drie weke was daar heeltyd een ding wat opgekom het, die gebruik van tegnologie. Vir die ouer gardes tussen ons , tegnologie verwys al lankal nie meer na die selfoon wat 'n foto kan neem nie. Nee die tegnologie waarna verwys word is dit wat die wêreld klein maak, wat mense wat duisende kilos weg is voel of hulle deel is van 'n situasie of in 'n spesifieke omgewing is. Wat het dit te doen met onderwys en die leeromgewing dink ek nou by myself.


Dis maklik, as ons nie die klas na die wêreld toe kan vat nie , bring ons die wêreld na die klas toe. Deesdae is dit baie maklik om te doen omdat meeste van die leerders reeds baie aktief op sosiale media is , in die vorm van Facebook , twitter , instagram of enige ander wat ek heel moontlik nie van weet nie.


Persoonlik is ek nog altyd bietjie skrikkerig vir sosiale media , want mens hoor altyd van mense wat geviktimiseer word , of hulle werke kwyt is oor goed wat op sosiale media verskyn het. Soos ek dit sien kry sosiale media jou net in die akkies. Maar vandat ek gedwing was om op sekere forums betrokke te raak het ek gesien dit is nie altyd so sleg nie, as dit vir akademiese doeleindes gebruik word en as mens weet daar is 'n tyd en plek vir alles dan kan dit goed en lekker wees.


Dus, as toekomstige Lewenswetenskap, Natuurwetenskap en wiskundige geletterdheid onnie sal ek verseker sê die gebruik van sosiale media sal baie aspekte van die werk wat behandel word , veral in die wetenskappe, baie kan vergemaklik. Mans kan gebruik maak van twitter om belangrike inligting oor te dra , oor nuwe verwikkelinge binne die wetenskaplike veld of van goed wat in die klas verwag word. Dit maak ook die konsep van groepwerk baie makliker omdat mens nie noodwendig tyd moet maak om bymekaar te kom om dit te doen nie. "Blogging" kan as assessering middel gebruik word, waar take geblog moet word. Waaroor ek as onderwyser wel baie seker sal maak is dat my leerders heeltemal bewus is van die gevare van sosiale media en dat daar 'n raamwerk is waar binne hulle moet bly.


Soos Davis sê, sosiale media is hier, dit is nog 'n hulpbron en moet nie as afleiding van leer gesien word nie. Sosiale media kan gebruik word om die klas kamer meer interaktief , relevant en kultureel divers te maak.





Tuesday, 23 February 2016

Decoding digital pedagogy

Is digitale pedagogie werklik alles in die leer omgewing, soos wat ons onsself somtyds laat dink?




As ons die video vat wat ons in die klas gesien het, kom mens vinnig agter dat nie alle skole is soos die waarin jy was nie. Ek persoonlik het nooit eers daaraan gedink hoe dit moet wees om 'n taak te doen of om te leer sonder die gemak van 'n rekenaar en internet nie. Die vraag kan wees, sal die dkool van die video regtig baat daarby om sulke tipe tegnologie te hê? Die antwoord , beslis. Alhoewel ek vermoed dat hulle nie die digitale pedagogie ten volle kan benut nie , sal dit wel vir hulle die geleentheid gee om nuwe en opdatum inligting te bekom.Dit alleen sal verseker dat hulle swak matriek resultate sal beter raak. Dus voel ek die regering en groot besighede kan gerus in arm skole "invest" , dit is egter die toekoms van ons land.




Onderwysers van skole soos die in die video en jou meer welgestelde skole bevind hulle albei nog steeds in 'n moeilike situasie . Jesse noem dat mens 'n digitale pedagoog word deur jare lank navorsing te doen , dit te beoefen , daaroor te skryf en dit aan te bied. In vandag se besige kurrikulum het onderwysers in die praktyk net eenvoudig nie die tyd om soveel aandag daaraan te spandeer nie en sal ons sukkel om werklik 'n "expert" in digitale pedagogie te word.




Ek voel steeds dat die tegnologie tot die beste van die onderwyser en leerders se vermoë gebruik moet word. Om nie 'n "expert" digitale pedagoog te wees nie maak nie saak nie, maar om te streef om so na as moontlik daaraan te kom is waaroor dit alles gaan. Om 'n digitale pedagoog te word of so na as moontlik moet mens bereid wees om te improviser , om op nuwe omstandighede en omgewings te reageer en om te eksperimenteer.




Ten slotte , is dit baie belangrik vir alle onderwysers om te onthou dat digitale pedagogie nie die pad deur die woud is nie , maar slegs die kompas. Ons as toekomstige onderwysers moet onsself kan handhaaf sonder die tegnologie en net gebruik maak daarvan om die leer ruimte te verbeter. So om die vraag te beantwoord wat aan die begin gevra is, nee digitale pedagogie is nie alles nie maar dit maak verseker 'n groot deel uit daarvan.

Tuesday, 16 February 2016

Digitale pedagogie

Die term pedagogie het twee weke gelede vir my absoluut geen betekenis gehad nie, om eerlik te wees het ek nie eers geweet daar bestaan so 'n word nie. Maar twee weke later en hier sit ons en gooi die word rond asof ons dit al jare gebruik. Digitale pedagogie beteken dus vir my , om tegnologie te gebruik om die leer proses te vergemaklik. Ongelukkig is daar mense wat voel die tegnologie werk teen op die tradisionele manier van onderrig, en tradisionele maniere is daar vir 'n rede of hoe?

Ek voel tegnologie is daar om gebruik te word , alles in mate. Die gebruik van "powerpoint slides " is 'n voorbeeld van goeie hulpmiddel en hou leerders se aandag, maar as die tegniese hulpmiddel nie 'n aanbieding in 'n spesifieke rigting gaan stuur nie , is dit beter om die klas daar sonder aan te bied. Soos Bauerlein noem, onderwysers sal erken dat sekere aspekte van intellegensie die beste sal otwikkel deur gebruik te maak van 'n kombinasie van digitale en nie-digitale hulpmiddels.

Digitale pedagogie se grootste nadeel is dat onderwysers dit maklik kan gebruik as 'n basis vir klas aanbiedings , dit kan egter daartoe lei dat dit die leerders verhoed om verder in gesprek te tree oor spesifieke aspekte en kan 'n atmosfeer in die klas skep as net nog 'n klas wat moet deur gesit word omdat hulle verplig is om dit doen en nie omdat hulle daar wil wees omdat hulle leer nie.

Dus waarop dit neerkom is , as mens wel die toegang tot tegnologie het is dit verseker 'n moet in elke klaskamer. Ons lewe in 'n wêreld waar tegnologie besig is om oorteneem en waar klasse al reeds met die "flip" klaskamer 'n groot digitale network word waar klasse nie eers meer 'n noodsaaklike is nie. So hoe vinniger kinder kan leer om die tegnologie te benut en tot hulle eie voordeel te gebruik ,hoe beter vir hom of haar.