Is digitale pedagogie werklik alles in die leer omgewing, soos wat ons onsself somtyds laat dink?
As ons die video vat wat ons in die klas gesien het, kom mens vinnig agter dat nie alle skole is soos die waarin jy was nie. Ek persoonlik het nooit eers daaraan gedink hoe dit moet wees om 'n taak te doen of om te leer sonder die gemak van 'n rekenaar en internet nie. Die vraag kan wees, sal die dkool van die video regtig baat daarby om sulke tipe tegnologie te hê? Die antwoord , beslis. Alhoewel ek vermoed dat hulle nie die digitale pedagogie ten volle kan benut nie , sal dit wel vir hulle die geleentheid gee om nuwe en opdatum inligting te bekom.Dit alleen sal verseker dat hulle swak matriek resultate sal beter raak. Dus voel ek die regering en groot besighede kan gerus in arm skole "invest" , dit is egter die toekoms van ons land.
Onderwysers van skole soos die in die video en jou meer welgestelde skole bevind hulle albei nog steeds in 'n moeilike situasie . Jesse noem dat mens 'n digitale pedagoog word deur jare lank navorsing te doen , dit te beoefen , daaroor te skryf en dit aan te bied. In vandag se besige kurrikulum het onderwysers in die praktyk net eenvoudig nie die tyd om soveel aandag daaraan te spandeer nie en sal ons sukkel om werklik 'n "expert" in digitale pedagogie te word.
Ek voel steeds dat die tegnologie tot die beste van die onderwyser en leerders se vermoë gebruik moet word. Om nie 'n "expert" digitale pedagoog te wees nie maak nie saak nie, maar om te streef om so na as moontlik daaraan te kom is waaroor dit alles gaan. Om 'n digitale pedagoog te word of so na as moontlik moet mens bereid wees om te improviser , om op nuwe omstandighede en omgewings te reageer en om te eksperimenteer.
Ten slotte , is dit baie belangrik vir alle onderwysers om te onthou dat digitale pedagogie nie die pad deur die woud is nie , maar slegs die kompas. Ons as toekomstige onderwysers moet onsself kan handhaaf sonder die tegnologie en net gebruik maak daarvan om die leer ruimte te verbeter. So om die vraag te beantwoord wat aan die begin gevra is, nee digitale pedagogie is nie alles nie maar dit maak verseker 'n groot deel uit daarvan.
No comments:
Post a Comment