As kind het ons gereeld deur ouer mense of onderwysers ons lat voorse oor wat ons mag en nie mag doen nie, omdat ons hulle gesien het as die persone met die meer ervaring het ons meeste van die tyd maar net gedoen wat vir ons gese was sonder om te veel daaroor te dink. Maar as ons kyk na wat Abby Wills se is dit net daar wat die groot fout was, ons stem was geignoreer en van ons weg gevat.
Leerders gaan outomatiesmeer entosiasties wees oor 'n vak as hulle weet dat hulle opinies en insette in ag geneem word en wanneer hulle vir hulle self kon dink en besluite neem en nie net voorgese word wat moet gebeur nie. In Abby se klas , het die leerders eers die klasse begin geniet toe hulle kon deel raak van die klas en die beplanning daar rondom, eers toe hulle stem gehoor word.
Dit word ook makliker gemaak as die onderwyser bereid is om nie die "center of attention" te wees nie , maar dat die leerders daardie rol oorneem. Die onderwyser moet opreg optree teenoor die leerders en hulle as persone in ag neem, op 'n dieper vlak as net die onderwyser daar wees vir die leerders. As leerders die onderwyser vertrou sal die akedemiese aspek van self verbeter. Die atmosfeer in die klaskamer sal ook vinnig verbeter en leerders sal uitsien om na jou klas toe te kom.
As ons vir die leerders hulle eie stemme gee en vir hulle luister is daar 'n baie groot kans dat ons ons eie werk gaan vergemaklik en sal hulle inisiatief gebruik om die leer omgewing so produktief as moontlik te maak vir hulleself.
Wednesday, 16 March 2016
Tuesday, 8 March 2016
Is aanlyn-onderrig wat ons nodig het?
Beteken dit nou dat ons ontslae moet raak van alle onderwysers ? Is leerders beter af sonder Juf. Rottenmeier wat oor hul skouers loer? Ek persoonlik voel aanlyn-onderrig het baie voordele, maar ons het steeds onderwysers in die klaskamer nodig. Dus vir ons om die beste uitkomste te kry moet ons die balans vind van hoe om gebruik te maak van onderwysers en aanlyn- onderrig.
'n Goeie voorbeeld van wat ons ontslae moet raak is die baksie waarin onderwysers so geneig is om studente in te plaas. Die studente word laat glo dat hulle onafhanklike leer kan toepas, solank dit in die boksie van die Meneer/ Juffrou se ideale pas. Dit kan in baie gevalle frustreerend wees vir leerders en kan hulle maklik belangstelling verloor. Dit is presies hier waar aanlyn-onderrig die oorhand op onderwysers het, omdat die leerder in beheer is van die tempo, van die inhoud en van die vakgebied waaraan aandag gegee moet word.
Wiskunde is 'n vak wat ek weet baie mense gebruik maak van aanlyn-onderrig. Dit laat die leerders toe om weer na probleme te kan gaan en weer te luister hoekom sekere goed gedoen word soos dit gedoen word. Dit kan baie verreikend vir die leerders wees en kan dit opnuut hulle belangstelling prikkel.
Dit gese, daar is leerders wat kan "cope" met daardie tipe leer en dan is daar leerders wat moet geforseer word om op 'n sekere tyd in die klas te wees anders gaan hulle nooit belangstelling toon nie. Dus moet mens baie seker wees dat jy in staat is om aanlyn-onderrig te doen. Tensy mens dit net as aanvulling gebruik om saam met die skool klasse te gebruik.
Wat vir my baie interresant was van die video "The Independent Project" is hoe die leerders so 'n omgewing vir hulleself geskep het waar hulle by mekaar kan leer en hoe hulle meer belangstelling toon om nuwe goed te leer , omdat hulle nie voorgese word of in 'n boksie gedruk word nie.
Om die eerste vrae te beantwoord, Nee onderwysers sal altyd 'n plek he in die leerproses van kinders en met die gebruik van aanlyn-onderrig bied hulle die leerders die beste van albei . Ja leerders is wel beter af sonder onderwysers wat oor hulle skouers loer. Die gebruik van aanlyn-onderrig in klaskamers bied ook die geleentheid vir leerders wat nie by die skool kan wees nie om steeds goeie onderrig te kry. So verseker het ons aanlyn-onderrig nodig.

Tuesday, 1 March 2016
Sosiale media in die klaskamer.
Soos ons "geblog" oor die afgelope drie weke was daar heeltyd een ding wat opgekom het, die gebruik van tegnologie. Vir die ouer gardes tussen ons , tegnologie verwys al lankal nie meer na die selfoon wat 'n foto kan neem nie. Nee die tegnologie waarna verwys word is dit wat die wêreld klein maak, wat mense wat duisende kilos weg is voel of hulle deel is van 'n situasie of in 'n spesifieke omgewing is. Wat het dit te doen met onderwys en die leeromgewing dink ek nou by myself.
Dis maklik, as ons nie die klas na die wêreld toe kan vat nie , bring ons die wêreld na die klas toe. Deesdae is dit baie maklik om te doen omdat meeste van die leerders reeds baie aktief op sosiale media is , in die vorm van Facebook , twitter , instagram of enige ander wat ek heel moontlik nie van weet nie.
Persoonlik is ek nog altyd bietjie skrikkerig vir sosiale media , want mens hoor altyd van mense wat geviktimiseer word , of hulle werke kwyt is oor goed wat op sosiale media verskyn het. Soos ek dit sien kry sosiale media jou net in die akkies. Maar vandat ek gedwing was om op sekere forums betrokke te raak het ek gesien dit is nie altyd so sleg nie, as dit vir akademiese doeleindes gebruik word en as mens weet daar is 'n tyd en plek vir alles dan kan dit goed en lekker wees.
Dus, as toekomstige Lewenswetenskap, Natuurwetenskap en wiskundige geletterdheid onnie sal ek verseker sê die gebruik van sosiale media sal baie aspekte van die werk wat behandel word , veral in die wetenskappe, baie kan vergemaklik. Mans kan gebruik maak van twitter om belangrike inligting oor te dra , oor nuwe verwikkelinge binne die wetenskaplike veld of van goed wat in die klas verwag word. Dit maak ook die konsep van groepwerk baie makliker omdat mens nie noodwendig tyd moet maak om bymekaar te kom om dit te doen nie. "Blogging" kan as assessering middel gebruik word, waar take geblog moet word. Waaroor ek as onderwyser wel baie seker sal maak is dat my leerders heeltemal bewus is van die gevare van sosiale media en dat daar 'n raamwerk is waar binne hulle moet bly.
Soos Davis sê, sosiale media is hier, dit is nog 'n hulpbron en moet nie as afleiding van leer gesien word nie. Sosiale media kan gebruik word om die klas kamer meer interaktief , relevant en kultureel divers te maak.
Subscribe to:
Posts (Atom)