As kind het ons gereeld deur ouer mense of onderwysers ons lat voorse oor wat ons mag en nie mag doen nie, omdat ons hulle gesien het as die persone met die meer ervaring het ons meeste van die tyd maar net gedoen wat vir ons gese was sonder om te veel daaroor te dink. Maar as ons kyk na wat Abby Wills se is dit net daar wat die groot fout was, ons stem was geignoreer en van ons weg gevat.
Leerders gaan outomatiesmeer entosiasties wees oor 'n vak as hulle weet dat hulle opinies en insette in ag geneem word en wanneer hulle vir hulle self kon dink en besluite neem en nie net voorgese word wat moet gebeur nie. In Abby se klas , het die leerders eers die klasse begin geniet toe hulle kon deel raak van die klas en die beplanning daar rondom, eers toe hulle stem gehoor word.
Dit word ook makliker gemaak as die onderwyser bereid is om nie die "center of attention" te wees nie , maar dat die leerders daardie rol oorneem. Die onderwyser moet opreg optree teenoor die leerders en hulle as persone in ag neem, op 'n dieper vlak as net die onderwyser daar wees vir die leerders. As leerders die onderwyser vertrou sal die akedemiese aspek van self verbeter. Die atmosfeer in die klaskamer sal ook vinnig verbeter en leerders sal uitsien om na jou klas toe te kom.
As ons vir die leerders hulle eie stemme gee en vir hulle luister is daar 'n baie groot kans dat ons ons eie werk gaan vergemaklik en sal hulle inisiatief gebruik om die leer omgewing so produktief as moontlik te maak vir hulleself.
No comments:
Post a Comment