Tuesday, 1 March 2016

Sosiale media in die klaskamer.



Soos ons "geblog" oor die afgelope drie weke was daar heeltyd een ding wat opgekom het, die gebruik van tegnologie. Vir die ouer gardes tussen ons , tegnologie verwys al lankal nie meer na die selfoon wat 'n foto kan neem nie. Nee die tegnologie waarna verwys word is dit wat die wêreld klein maak, wat mense wat duisende kilos weg is voel of hulle deel is van 'n situasie of in 'n spesifieke omgewing is. Wat het dit te doen met onderwys en die leeromgewing dink ek nou by myself.


Dis maklik, as ons nie die klas na die wêreld toe kan vat nie , bring ons die wêreld na die klas toe. Deesdae is dit baie maklik om te doen omdat meeste van die leerders reeds baie aktief op sosiale media is , in die vorm van Facebook , twitter , instagram of enige ander wat ek heel moontlik nie van weet nie.


Persoonlik is ek nog altyd bietjie skrikkerig vir sosiale media , want mens hoor altyd van mense wat geviktimiseer word , of hulle werke kwyt is oor goed wat op sosiale media verskyn het. Soos ek dit sien kry sosiale media jou net in die akkies. Maar vandat ek gedwing was om op sekere forums betrokke te raak het ek gesien dit is nie altyd so sleg nie, as dit vir akademiese doeleindes gebruik word en as mens weet daar is 'n tyd en plek vir alles dan kan dit goed en lekker wees.


Dus, as toekomstige Lewenswetenskap, Natuurwetenskap en wiskundige geletterdheid onnie sal ek verseker sê die gebruik van sosiale media sal baie aspekte van die werk wat behandel word , veral in die wetenskappe, baie kan vergemaklik. Mans kan gebruik maak van twitter om belangrike inligting oor te dra , oor nuwe verwikkelinge binne die wetenskaplike veld of van goed wat in die klas verwag word. Dit maak ook die konsep van groepwerk baie makliker omdat mens nie noodwendig tyd moet maak om bymekaar te kom om dit te doen nie. "Blogging" kan as assessering middel gebruik word, waar take geblog moet word. Waaroor ek as onderwyser wel baie seker sal maak is dat my leerders heeltemal bewus is van die gevare van sosiale media en dat daar 'n raamwerk is waar binne hulle moet bly.


Soos Davis sê, sosiale media is hier, dit is nog 'n hulpbron en moet nie as afleiding van leer gesien word nie. Sosiale media kan gebruik word om die klas kamer meer interaktief , relevant en kultureel divers te maak.





No comments:

Post a Comment