Die term pedagogie het twee weke gelede vir my absoluut geen betekenis gehad nie, om eerlik te wees het ek nie eers geweet daar bestaan so 'n word nie. Maar twee weke later en hier sit ons en gooi die word rond asof ons dit al jare gebruik. Digitale pedagogie beteken dus vir my , om tegnologie te gebruik om die leer proses te vergemaklik. Ongelukkig is daar mense wat voel die tegnologie werk teen op die tradisionele manier van onderrig, en tradisionele maniere is daar vir 'n rede of hoe?
Ek voel tegnologie is daar om gebruik te word , alles in mate. Die gebruik van "powerpoint slides " is 'n voorbeeld van goeie hulpmiddel en hou leerders se aandag, maar as die tegniese hulpmiddel nie 'n aanbieding in 'n spesifieke rigting gaan stuur nie , is dit beter om die klas daar sonder aan te bied. Soos Bauerlein noem, onderwysers sal erken dat sekere aspekte van intellegensie die beste sal otwikkel deur gebruik te maak van 'n kombinasie van digitale en nie-digitale hulpmiddels.
Digitale pedagogie se grootste nadeel is dat onderwysers dit maklik kan gebruik as 'n basis vir klas aanbiedings , dit kan egter daartoe lei dat dit die leerders verhoed om verder in gesprek te tree oor spesifieke aspekte en kan 'n atmosfeer in die klas skep as net nog 'n klas wat moet deur gesit word omdat hulle verplig is om dit doen en nie omdat hulle daar wil wees omdat hulle leer nie.
Dus waarop dit neerkom is , as mens wel die toegang tot tegnologie het is dit verseker 'n moet in elke klaskamer. Ons lewe in 'n wêreld waar tegnologie besig is om oorteneem en waar klasse al reeds met die "flip" klaskamer 'n groot digitale network word waar klasse nie eers meer 'n noodsaaklike is nie. So hoe vinniger kinder kan leer om die tegnologie te benut en tot hulle eie voordeel te gebruik ,hoe beter vir hom of haar.
Goeie punt! Dis moeilik om die regte balans te vind #catch22
ReplyDelete