Tuesday, 8 March 2016

Is aanlyn-onderrig wat ons nodig het?

Beteken dit nou dat ons ontslae moet raak van alle onderwysers ? Is leerders beter af sonder Juf. Rottenmeier wat oor hul skouers loer? Ek persoonlik voel aanlyn-onderrig het baie voordele, maar ons het steeds onderwysers in die klaskamer nodig. Dus vir ons om die beste uitkomste te kry moet ons die balans vind van hoe om gebruik te maak van onderwysers en aanlyn- onderrig.

'n Goeie voorbeeld van wat ons ontslae moet raak is die baksie waarin onderwysers so geneig is om studente in te plaas. Die studente word laat glo dat hulle onafhanklike leer kan toepas, solank dit in die boksie van die Meneer/ Juffrou se ideale pas. Dit kan in baie gevalle frustreerend wees vir leerders en kan hulle maklik belangstelling verloor. Dit is presies hier waar aanlyn-onderrig die oorhand op onderwysers het, omdat die leerder in beheer is van die tempo, van die inhoud en van die vakgebied waaraan aandag gegee moet word.

Wiskunde is 'n vak wat ek weet baie mense gebruik maak van aanlyn-onderrig. Dit laat die leerders toe om weer na probleme te kan gaan en weer te luister hoekom sekere goed gedoen word soos dit gedoen word. Dit kan baie verreikend vir die leerders wees en kan dit opnuut hulle belangstelling prikkel.

Dit gese, daar is leerders wat kan "cope" met daardie tipe leer en dan is daar leerders wat moet geforseer word om op 'n  sekere tyd in die klas te wees anders gaan hulle nooit belangstelling toon nie. Dus moet mens baie seker wees dat jy in staat is om aanlyn-onderrig te doen. Tensy mens dit net as aanvulling gebruik om saam met die skool klasse te gebruik.

Wat vir my baie interresant was van die video "The Independent Project" is hoe die leerders so 'n omgewing vir hulleself geskep het waar hulle by mekaar kan leer en hoe hulle meer belangstelling toon om nuwe goed te leer , omdat hulle nie voorgese word of in 'n boksie gedruk word nie.

Om die eerste vrae te beantwoord, Nee onderwysers sal altyd 'n plek he in die leerproses van kinders en met die gebruik van aanlyn-onderrig bied hulle die leerders die beste van albei . Ja leerders is wel beter af sonder onderwysers wat oor hulle skouers loer. Die gebruik van aanlyn-onderrig in klaskamers bied ook die geleentheid vir leerders wat nie by die skool kan wees nie om steeds goeie onderrig te kry.  So verseker het ons aanlyn-onderrig nodig.

No comments:

Post a Comment