Toe ek hoor ons gaan ietsmoet skryf oor die interaktiewe
witbord moes ek eers bietjie gaan navors oor wat die bord so spesiaal maak.
Volgens Wikipedia ( ek weet dis nou nie die betroubaarste
bron nie) is 'n interaktiewe witbord (IWB) 'n groot interaktiewe vertoon skerm
wat gekoppel is aan 'n rekenaar. Die projektor projekteer dit wat op die
rekenaar se skerm is op die witbord waar gebruikers beheer oor die rekenaar met
behulp van 'n pen, vinger, stylus, of ander toestel het.
Al die funksies is baie indrukwekkend en ek dink meeste
onderwysers van die nuwer generasie sal dit baie geniet om so skerm in sy klas
te kan he. Ek persoonlik sal dit baiee geeniet en kon dadelik aan ‘n goeie
manier dink om sommige van die funksies te gebruik .
As Lewenswetenskap onderwyser kan die interaktiewe witbord
baie handig te pas kom as daar van leerders verwag word om goed onder die mikroskoop
te bekyk, kan mens slides op die skerm projekteer en die funksie van die “
shading” gebruik om die organel wat op daardie oomblik bekyk word uit te lig.
Mens kan self die funksies om op die skets te skryf gebruik deur byskrifte by
spesifieke organelle te plaas . Dit is sommer net vining iets wat ek aan kon
dink , as mens gaan sit en mooi kyk na al die funksies is ek seker mens sal nog
baie meer sulke goeie gebruike kan kry.
Dit gese, hierdie einste witbord wat soveel “cool” funksies
het kan ‘n wit olifant word in die hande van iemand wat nie verstaan hoe dit
werk nie , ‘n baie duur witolifant bygese. Dus as onderwyser sal ek net so tipe
witbord kan gebruik as die skool waar ek werk die tipe finansies het om sulke
goed te bekostig , want soos ek se as ONDERWYSER sal ek dit nie self kan koop
nie.
Ten slotte , die interaktiewe witbord is ‘n baie goeie
stukkie tegnologie en ek dink dit kan baie bydraes lewer tot beter klas
interaksies , maar onderwys is nie slegter af sonder daai tipe tegnologie nie .
Veral nie vakke soos Lewenswetenskappe nie omdat daar baie ander maniere is om
presies die selfde boodskap oor te dra.
No comments:
Post a Comment